LOGIN TO YOUR ACCOUNT

Username
Password
Remember Me
Or use your Academic/Social account:

CREATE AN ACCOUNT

Or use your Academic/Social account:

Congratulations!

You have just completed your registration at OpenAire.

Before you can login to the site, you will need to activate your account. An e-mail will be sent to you with the proper instructions.

Important!

Please note that this site is currently undergoing Beta testing.
Any new content you create is not guaranteed to be present to the final version of the site upon release.

Thank you for your patience,
OpenAire Dev Team.

Close This Message

CREATE AN ACCOUNT

Name:
Username:
Password:
Verify Password:
E-mail:
Verify E-mail:
*All Fields Are Required.
Please Verify You Are Human:
fbtwitterlinkedinvimeoflicker grey 14rssslideshare1

Search filters

Refine by

Access Mode

Document Type

Article (26)

Data Provider

26 documents, page 1 of 3

Beginselen van kerkelijke rechtspraak

L. Roeleveld (1972)
De laatste jaren is er meer belangstelling ontstaan voor de inhoud en werking van het gereformeerde kerkrecht. Enerzijds wordt gewezen op de veranderlijkheid van de Kerkorde en wordt verandering met het oog op aardrijkskundige en tijdsomstandigheden aanbevolen. Anderzijds wordt gewaarschuwd tegen reglementering rondom de Kerkorde, tegen onkritisch gebruik van handleidingen en tegen tendentieuze persoonlijke standpunten zonder voldoende acht te slaan op de tekst van de Kerkorde zelf.

Kan Sendinggeskiedenis van Kerkgeskiedenis ensiklopedies geskei word?

B. Spoelstra (1972)
Dr. A. Kuyper het met sy Encyclopaedie der Heilige Godgeleerdheid groot invloed op die ensiklopedie van die Gereformeerde teologie uitgeoefen. Hy neem Evangelistiek, Kerugmatiek en Apostoliek saam as Prosthetiek en grens die groep af as die wetenskap van die ‘methode die er toe leiden kan om wat nog buiten Christus staat te Kerstenen’.

Prinsipiële riglyne rondom die begrip korrespondensie in sy ontwikkeling tot op hede

K. S. van Wyk de Vries (1972)
By die soek na kontak in die kerklike sfeer, moet ’n kerk daarop uit wees om Christelike gemeenskap met die ander te verkry op die basis van die waarheid. Binne die eie kerkverband moet die gemeenskap met mekaar geoefen word; sonder hierdie gemeenskap hou die kerk op om kerk te wees.

Die agogiese moment in die pastoraat

A. P. C. Duvenage (1972)
Die verwarring wat daar vandag in die diakonologiese groep vakke heers, word ten dele weerspieël in die verskeie uitdrukkings en woorde wat gebruik word. By verskillende mense het dit heeltemal verskillende inhoude. Daarom dink ek is dit nodig om te begin met ’n begripsbepaling, om dan later oor die saak te praat.

Problematiek t.o.v. verhoudinge en gesprek met buitelandse kerke en buitevolkse kerke

J. L. Helberg (1972)
Vooraf enkele opmerkings rakende kerk en kerkverband. Dit is opmerklik dat die Kategismus in sy verklaring van die begrip Kerk dinge wat maklik as teenoor mekaar staande gesien word, in organiese verband met mekaar plaas. Dit laat bv. alle klem val op Christus se persoonlike handeling.

Die Dordtse Leerreëls ... bestry en bevestig

P. H. Snyman (1972)
Die stryd om dié deel van die geopenbaarde waarheid wat in die Dordtse Leerreëls bely word, duur al baie eeue lank. Hierdie referaat wil ná ’n kort oorsig oor die pogings tot ondermyning van die Skrifwaarheid aangaande die predestinasie aantoon dat in Romeine 9 nie alleen die uitverkiesing nie, maar ook die verwerping onomwonde geleer word.

Die Koninkryk van God en die vernuwing van die samelewing volgens die Hebreërbrief

F. Floor (1972)
Waar die koninkryk van God deurbreek kom daar ’n vernuwing van die mens en van die samelewing. Die groot vraag vandag is of hierdie stelling ook omgekeer kan word: waar vernuwing kom, daar is die koninkryk van God?

Kerklike kontak tussen die Afrikaanse en Engelse kerkegroepe in Suid-Afrika

J. H. van Wyk (1972)
Ons bied allereers ’n ekskurs, waarin aandag gegee word aan die ekklesiologie by J. Calvyn, W. J. Snyman en B. Duvenage. Tweedens maak ons ’n diagnose van die kerklike kontak tussen die Afrikaanse en Engelse kerkegroepe, en ten slotte waag ons ’n ekklesiologiese prognose.

Calvyn oor die Hermeneutiese reël ten opsigte van nuuskierigheid en spekulasie

F. van der Walt (1972)
In sy ‘Institusie’ toorn Calvyn ook teen nuuskierigheid en spekulasie. Wat hy met spekulasie bedoel en hoe hy daaroor voel, word treffend duidelik in Boek 1, hoofstuk 14, paragraaf 1. Hy gaan daar in op die vraag waarom God so lank gewag het voordat Hy hemel en aarde geskape het, wat God dan in al die ewigheid vóór die skepping gedoen het.